Home


chat

bugs

apply

log in




naam: Sophi
latijns:trypoxylon figulus
features: Constantly amazed by life and people. How we become who we are.. yet how we don't stay as we are. We are constantly changing into someone else.

To Sophi.
storie in gemengde taal Sophi, 15 Mrt 2005 10:45
help my skryf aan 'n storie...


Ek het 'n hoë koningingrootte bed. Ek is die koningin van daardie bed. Die bed het 'n sagte, dik matras. Ek is kort genoeg om in enige windrigting op my bed te kan lê. My kop kan aan die linker-voetenent en my voete aan die regter-koppenent wees. Ek kan oos-wes en noord-suid op my bed lê, sonder dat ledemate oor die kante steek. Ek het 'n alle-windrigtings-koningingrootte bed. As ek wil, kan ek op my bed ronddraai, gesinkroniseer met die horlosie se wysers. Kloksgewys of anti-kloksgewys. Die nadeel is dat my kamerdeur elke keer op 'n ander plek sit as ek wakker word. Langs my bed is daar 'n bos rose wat jy eenmaal vir my gegee het. Voor dit heeltemal kon verwelk, het ek dit onderstebo opgehang... Dit herinner my - jy het eenmaal vir my 'n bos rose gegee...

To Sophi
nederlands-afrikaans Sophi, 11 Mrt 2005 14:46
Hier ontdek ek 'n webwerf met Nederlands-sprekende mense. Inderdaad 'n wonderlike ontdekking: die grense wat tale stel, kan tog soms oorbrug word. Nederlanders wat verstaan wat ek hier skryf, gesels saam!

To Sophi
uittreksel : afrikaanse boek Sophi, 12 Mrt 2005 07:31
Marita van der Vyver - afrikaanse skryfster. Die Uittreksel uit haar boek beskryf ook my vriendekring:
''Haar vriende val in twee groepe, die slimmes en die malles, en sy hang iewers tussen hulle in die lug rond en sukkel om haar voete op die grond te kry. Die slimmes is regsgeleerdes en joernaliste en universiteitsdosente wat graag oor politiek en godsdiens en die nuutste Franse fliek met onderskrifte gesels. Hulle sit in stylvolle restaurante en drink verouderde wyn uit kristalglase en argumenteer oor onafhanklikheid in Namibië en tennis op Wimbledon. Hulle voete is altyd vas op die aarde, selfs as hulle dronk word. Die malles is skilders en skrywers en ander kunstenaars wat by die huis sit en dagga rook en dooswyn uit goedkoop glase drink terwyl hulle oor die Struggle en erotiese kuns en people's culture stry. Hulle raak soms hoog op pille of ander hulpmiddels, maar hulle val altyd die volgende oggend vreeslik hard.''

To Sophi
waarvan ek nie hou nie Sophi, 12 Mrt 2005 07:39
Rondomtalie ry in die park met een been wat skop-skop om my aan die gang te kry, voor ek gryp na die boog van die wiel wat my wil wegslinger. Ek staan regop teen die as en draai soos 'n ballerina in 'n juweledoos met 'n 360 grade uitsig. Aan die buitekant van die wiel snel die aarde al om en om en om my. Ek word die middelpunt waarom die aarde draai teen 'n duiselingwekkende spoed. Die wêreld teen dié spoed maak nie sin nie. Ek deug nie as die middelpunt van die aarde nie. Nee....kyk - ek lê veilig uitgestrek op my rusbank. Ek is gegrond. Die rondomtalie gaan my nie afgooi en laat vasklou aan die graspolle van die aarde omdat 'onder' skielik 'bo' en 'bo' skielik 'onder' is nie. 'n Glasie koue witwyn staan op die vensterbank hier naas my. Die yskas dreun eentonig. Dis gerusstellend. Ek voel so veilig soos 'n perdeby in 'n wasbak, skuilgenaamd Sophi. Ek dink aan Agut, die miskruier en wonder waarom ek dié dinge dink, 19:30 op 'n Vrydagaand. Dit moet die wyn wees.

To Sophi
die 4-dag koekdieët Sophi, 12 Mrt 2005 07:43
Ek het verjaar. Al die gaste het koek saamgebring. Hulle weet ek het nie koek nie. Daar was baie koek. Die groot sjokoladekoek het 46 kersies opgehad. Ek sou graag die helfte wou verwyder, maar almal sou weet dis onwaar. Ek moes drie maal diep asemhaal om al die kersies doodgeblaas te kry. Vir die volgende drie dae het ek net koek geëet. Daar was nie brood nie. Dit was die drie dae voor betaaldag. Marie-Antoinette het gesê mens moet koek eet as jy nie brood het nie. Dit was voor sy kop verloor het. My badkamerskaal het dit alles gesien. Toe ek my wou weeg om te sien watter skade die koek veroorsaak het, het die skaal onder my bed ingehardloop. Hy sit steeds daar agter in die donkerste hoekie en weier om uit te kom.

To Sophi
geen klein vliegtuie, asseblief Sophi, 12 Mrt 2005 07:57
Kyk julle, ek vlieg bo die wolke. Die wit wolke maak sulke lang pluime wat skeef gewaai is deur die wind. Dit lyk soos uitgepluiste watte. Nee, malvalekkers. Stapels en stapels wit malvalekkers. Ek sweef uit die vliegtuig, bo-oor die wolke in die rigting van die skemerson. Ek trek my vingers deur die wolke en spring daarop tot ek moeg in die sagte voue gaan lê. Ons daal om te land. Die turbulensie skud die klein vliegtuig - hard en ongenadig. King Kong het ons beet. Ek klou met wit kneukels aan die armleunings. Solank die lugwaardin kalm lyk... sal ons veilig wees... My hande kramp. Na ons landing staan ons vinnig op uit die sitplekke. Ons is dankbaar ons leef. Nee, ek wil nie met die wolke speel nie. Te hel met die wolke.

To Agut
Vliegen Agut, 13 Mrt 2005 08:26
Dan vouw ik mijn vleugels op, stop ik ze in mijn aktentas en loop volkomen onopgemerkt mijn buurt binnen, anoniem, als je wilt.

Vanuit jouw perspectief gezien, zelfs als sta jij op het dakterras van een wolkenkrabber, lijk ik heel snel op een kraanvogel, dan op een zwaluw, dan op een vleermuis, dan op een vlinder (of een vlinderdasje), dan op een hommel, dam op een bij, dan op een vlieg, en, tenslotte, op een een vliggepoepje. Ik ben verdwenen uit jouw gezichtsveld, helemaal verdwenen. Ik ben ten hemel gestegen, mijn vriend. Ja, naar de hemel van de zuivere abstractie.

To Agut
Vogelperpectief Agut, 13 Mrt 2005 08:27
Het is niet makkelijk om je eigen misére in de lucht te verheffen.
Waarnemer te zijn en waargenomen worden tegelijkertijd. De man boven en de man beneden. De man beneden is niet meer dan een vlek, een schaduw... Jezelf gadeslaan vanuit het aspect van de eeuwigheid. een hoge vlucht nemen! De wereld in volgelperspectief.

To Nothing
voëlperspektief en hoër name, 14 Mrt 2005 07:54
Die huise word vuurhoutjiedose. Nee, kleiner. Die motors die kleinste miniature. Dan kleiner. Die mense verdwyn. In die nag is die stadsligte geel diamante (ja, vanweë die lugbesoedeling) wat oor swart fluweel gesprei lê. Uit die klein vliegtuig is die reusedam maar net 'n klein plassie water waarop die bote soos coconut dryf. Die landerye is 'n hoekige legkaart. My lewe en die wêreld is skielik onbelangrik. Kyk, ek styg bo dit alles uit. Die plakkershutte van sink, waar die armes woon, skitter in die son - soos tinsel. Soveel mooier as die armoede wat dit verteenwoordig. Van hierbo lyk dit vreedsaam.

To Sophi
maandag Sophi, 14 Mrt 2005 07:58
sophi is nie wakker nie. sy antwoord heel anoniem op agut se boodskap. name... sy is meer as net 'n naam, buiten op 'n maandag.

To Agut
maandag Agut, 14 Mrt 2005 09:27
Agut had meteen begrepen dat Sophi het was... moet Agut een kopje koffie zetten voor haar?

To Sophi
koffie, JA Sophi, 14 Mrt 2005 10:30
stuur die koffie met email. Sterk, mega koffie, filter - hoe dan anders? Besoekers van die naweek: suster en eggenoot, klein dogter, klein worshond (plas en poep [Afr:poef] oral). Twee rokers - my sinusse deur erge beproewing. Huis skoonmaak wag weer eens vanmiddag. Ag ja...

To Agut
OEF! Agut, 14 Mrt 2005 10:45
Dat klinkt wel heel druk... Ik stuur je hierbij een sterke kopje koffie, ik hoop dat het helpt!!
:-)

www.scentednectar.com/veg/recipes/coffee/coffee05.jpg


To Sophi.
frankly, my dear....ecards.here Sophi, 10 Mrt 2005 14:10
Your Flash-abilities are amazing. I've been spending more than 2 hours on your site - have used Flash a bit for animations myself, but nothing close to what you have achieved. Bravo from sunny South Africa!

To Nothing.
huh Barney, 18 Mrt 2005 22:23
huh?



Join us! Choose your bug.
Or log in if you've already picked a bug.